Sinner, Osaka deur na Amerikaanse Ope kwarteindrondteSeptember 2, 2025
Die verdedigende kampioen Jannik Sinner is deur na die kwarteindronde van die Amerikaanse Ope. Die Italianer het Alexander Bublik van Kazakstan geklop en speel volgende teen sy landgenoot Lorenzo Musetti. Die Kanadees Felix Auger-Aliassime het met Andrey Rublev van Rusland afgereken, terwyl Alex de Minaur van Australië die Switserse kwalifiseerder Leandro Riedi geklop het. Wat die vroue betref het die tweemalige kampioen van Japan, Naomi Osaka, die Amerikaner Coco Gauff uitgeskakel en gaan sy vir die eerste keer sedert 2021 weer in Grand Slam-kwarteindwedstryd speel. Iga Swiatek van Pole het die Rus Ekaterina Alexandrova verslaan.