DA soek hersiening van Eskom-Nersa-skikkingSeptember 2, 2025

Die DA sê hy het die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor elektrisiteit en energie, Queenie Mvana, gevra vir ʼn dringende hersiening van die skikkingsooreenkoms tussen Eskom en die energiereguleerder. Nersa het ‘n skikking van 54 miljard Suid-Afrikaanse rand met die kragvoorsiener buite die hof bereik ná foute in die berekening van tariewe. Kevin Mileham van die DA sê hierdie voorval beklemtoon die dringende behoefte dat die regering ʼn gemoderniseerde nasionale elektrisiteitsprysbeleid voltooi en instel: