Krieket: SA20 se veiling skop vierde seisoen afSeptember 2, 2025

Driehonderd Suid-Afrikaners en 241 buitelanders gaan volgende Dinsdag in Johannesburg deelneem aan die veiling vir SA20 se vierde seisoen. Die liga het ‘n ongekende meer as 800 spelerregistrasies ontvang, waarna die lys verkort is volgens die ses spanne se hersiening. Onder die sterk plaaslike talent is die Proteas se T20-kaptein, Aiden Markram, Quinton de Kock, Keshav Maharaj, Wiaan Mulder, Lungi Ngidi en Dane Paterson. Die oorsese spelers sluit in die veteraan-Engelsman Jimmy Anderson, sy landgenoot Moeen Ali, die Australiër D’Arcy Short en die Nieu-Seelander Devon Conway.