Krieket: Proteas klop Engeland in LeedsSeptember 3, 2025

Suid-Afrika het Engeland met sewe paaltjies geklop op Headingley in Leeds om ‘n 1-0 voorsprong te neem in hul eendagreeks van drie wedstryde . Keshav Maharaj het vier paaltjies geneem en Wiaan Mulder drie, toe die tuisspan vir slegs 131 in 24,3 boulbeurte uitgeboul is. In antwoord hierop het Aiden Markram 86 van slegs 55 balle aangeteken en ‘n openingsbeurt van 121 met Ryan Rickelton gedeel. Die Proteas het met 29,1 boulbeurte oor gewen. Die tweede eendagwedstryd word môre op Lord’s gespeel.