//Kharas se bevolking bultSeptember 3, 2025
Die bevolking in die //Kharas-streek het van 2011 tot 2023 met sowat 43 persent gestyg en beloop nou meer as drie miljoen. Gedetailleerde sensusinligting wat Dinsdag deur die Namibië Statistiekagentskap op Keetmanshoop vrygestel is, toon die bevolking in stedelike areas in dié streek het met meer as 67 persent sedert 2011 toegeneem. Sedert 1991 het die bevolking in stedelike gebiede in //Kharas van bykans 383 000 tot net meer as 1,5 miljoen in 2023 gestyg.