Massagedenkdiens vir Mariental-slagoffers vandagSeptember 3, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah woon vanoggend ‘n massa-gedenkdiens op Mariental by vir die 16 mense, meestal beamptes van die polisie en korrektiewe dienste, wat in Saterdag se gru-ongeluk net buite die dorp dood is. Veiligheidsminister Lucia Iipumbu sal ook onder verskeie ander hooggeplaastes wees. Die diens begin om 10:00 op die sportveld op Mariental.