Mariental bring hulde aan 16 ongelukslagoffersSeptember 3, 2025
Op Mariental het ‘n skare op die sportveld saamgetrek om nie net die slagoffers in die gru-ongeluk Saterdag buite die dorp te onthou nie, maar ook om te bid vir die twee beseerdes wat steeds in die hospitaal is. Onder die roubeklaers is familie, vriende, kollegas, regeringslui en politieke leiers. Die goewerneur van die Hardap-streek, Riaan McNab, het gesê hy betoon sy medelye onder ‘n “skaduwee van ondraagbare tragedie”. President Netumbo Nandi-Ndaitwah sal later vanmiddag haar boodskap van medelye lewer.