Krieket: Namibië se vroue deur na semi-finaalSeptember 4, 2025
Namibië se Capricorn Eagles het hul plek in die semi-finaal in die Afrika-uitspeelronde van die ICC se T20-Vrouewêreldbeker verseker deur Woensdag hul wedstryd teen Sierra Leone met 152 lopies te wen. Die Eagles het 228 lopies vir die verlies van een paaltjie in 20 boulbeurte behaal. Sierra Leone is almal uitgehaal met 76 lopies in 19.5 boulbeurte. Namibië kom vanmiddag om halfdrie teen Tanzanië in Windhoek te staan.