Het jy dalk dié seuntjies gesien? Bel dan die polisie September 4, 2025

Die polisie het die publiek gevra om te help met die opspoor van twee seuntjies wat sedert Woensdagoggend in Swakopmund vermis word. Josua Naubeb, drie jaar oud, en Princely Kandume, vyf, is laas by hul ouma se huis in Mandume Ndemufayostraat in Mondesa gesien. Josua het ‘n blou trui, grys swartpakbroek, rooi sokkies en grys crocs aangehad. Princely, ook bekend as Nono, het ‘n groen broek en roomkleurige t-hemp gedra. Enigiemand met meer inligting word versoek om hul naaste polisiestasie te kontak.