Vermiste seuntjies op Swakop opgespoorSeptember 5, 2025

Twee seuntjies van drie en vyf jaar onderskeidelik, wat sedert Woensdagoggend in Swakopmund vermis word, is Donderdag opgespoor. Hulle was in ‘n motorwrak op die erf van bure langs hul ouma se huis, waar hulle aanvanklik weggeraak het. Volgens die polisie is die kinders na die staatshospitaal op die dorp geneem om vir dehidrasie behandel te word.