Wêreld verloor mode-ikoonSeptember 5, 2025
Internasionaal stroom huldeblyke in vir Giorgio Armani, die gevierde Italiaanse mode-ontwerper wat ‘n wêreldwye ryk gebou het, wat op 91-jarige ouderdom oorlede is. Hy het nie sy laaste drie vertonings in Junie en Julie bygewoon nie weens siekte. Hy sou na verwagting later vandeesmaand die 50ste bestaansjaarvieringe van die handelsmerk bywoon. Toe hy in ‘n onderhoud in 2022 gevra is hoe hy graag onthou wil word, het Armani geantwoord: “As ‘n opregte man. Ek sê wat ek bedoel.”