Bokke, All Blacks druk ‘kontrasterende kleure’ ‘n pitSeptember 5, 2025

Rugby: Die Springbokke en die All Blacks het Wêreldrugby se versoek verwerp vir meer kontrasterende uitrustings in môre se verwagte rillerstryd in Auckland en verkies om in hulle tradisionele kleure te speel. Dit word beskou as respek vir ‘n jarelange tradisie, met die Bokke in hulle ikoniese Groen-en-Goud en die gashere in hul handelsmerk-swart uitrustings. Nie een van die spanne het in hul tweestryd van 104 jaar hiervan afgewyk nie, maar dit kan moontlik bedreig word deur die beheerliggaam se uitrusting-beleid om sake vir kleurblinde toeskouers te vergemaklik.