‘Belegging’ video van eerste minister ‘n KI-bedrogspulSeptember 5, 2025

Die kantoor van die eerste minister waarsku die publiek teen ‘n video wat op sosiale media die rondte doen, wat valslik eerste minister Elijah Ngurare uitbeeld waar hy die publiek aanmoedig om by ‘n sekere geldmaakskema aan te sluit. Die video is met kunsmatige intelligensie gegenereer en totaal vals. Volgens die video is daar ‘n beleggingsplatform van die regering wat ‘n inkomste van 2 000 Namibiese dollar per week waarborg. Die publiek kan glo 250 dollar vandag belê en môre die eerste terugbetaling ontvang. Die eerste minister dring sterk aan dat alle Namibiërs waaksaam moet wees en nie slagoffers word van hierdie bedrogspul of enige ander skelmstrele wat die publiek teiken nie.