Dorper-ram haal rekord N$320 000 op Stampriet-skouveilingSeptember 5, 2025

Die Stampriet-skouveiling van die NLA het twee nuwe Dorper-rekords opgelewer, te midde van ongekende belangstelling, ook uit die buiteland. ‘n Totaal van 700 stoetdiere word opgeveil, met 350 ooie en 350 ramme. ‘n Dorper-ram van Philip Strauss van Karasburg, genaamd Kholi, het ‘n rekordprys van 320 000 Namibiese dollar getrek. Die kopers is die Noord-Kaapse teler Francis Visagie en Namibies-gebore Piet Karsten. Op die ooiveiling het ‘n Dorper van Le Roux van Wyk ‘n rekordprys van 40 000 dollar gehaal.