Groot skolerugby-aksie in Windhoek September 6, 2025
Skolerugby in Namibië bereik vandag sy hoogtepunt vir die seisoen met die onder 19 Superliga-eindstryd tussen Windhoek Hoërskool en Privaatskool Moria van Outjo. Dit is net die derde keer sedert onderskeidelik 1971 en 1974 dat Outjo in die finaal speel. As hulle die knoop deurhaak, sal dit ‘n eerste triomf vir die dorp wees. WHS is die verdedigende kampioene. Windhoek Gimnasium het Tsumeb Gimnasium gister met 57-34 geklop vir die bronsmedaljes in die Superliga. Die tweede dag van eindstryde in alle ouderdomsgroepe skop om 08:30 af by die Hage Geingob-stadion.