Veldbrande woed in Kunene, Khomas September 6, 2025

Verskeie veldbrande woed op verskillende plekke in die land. Die brand in die Kunene-streek, wat reeds ‘n paar dae onstuitbaar is, het Vrydagnag die pad tussen Khorixas en Outjo bereik. In Khomas is veldbrande Vrydagoggend op die plase Nauams, Neu-Franken en Morgenroth aangemeld. Volgens die Facebook-groep, Veldbrande in Namibia, het vier plase in die omgewing van Klein-Aub en Kobos ook Vrydag afgebrand.