Mensehandel styg kwaai in NamibiëSeptember 7, 2025
Altesaam 706 sake van mensehandel is tot dusver vanjaar in Namibië aangemeld, waarvan 36 bevestig is en 680 as hoë risiko geklassifiseer is. Volgens die adjunkdirekteur van immigrasie en grensbeheer by die ministerie van binnelandse sake, Chrispin Kamwi, is daar ‘n groot toename in mense wat die grens onwettig by Oshikango oorsteek, baie van hulle kinders wat vir goedkoop arbeid op plase gebruik word. Hy het ‘n beroep op werkgewers gedoen om weerlose Angolese nie uit te buit nie.