Algerië oliementor vir NamibiëSeptember 7, 2025

Algerië gaan sy kennis van olie en gas met Namibië deel om die sektor plaaslik te help ontwikkel. Algerië, een van die grootste olieprodusente in Afrika, gaan help met kapasiteitsbou en tegniese opleiding. Dié onderneming spruit uit ‘n ontmoeting tussen Namibië se adjunkpresident Lucia Witbooi en Algerië se energieminister, Mohamed Arkab, tydens haar besoek aan die land.