Gemengde uitslae vir Namibië in Good Government-indeks September 8, 2025

Namibië beklee die 90ste plek uit 120 lande in die 2025 Chandler Good Government-indeks. Die sterkste pilaar is Robust Laws and Policies, 49ste, en die swakste is Helping People Rise, 103de. Die bes presterende subkomponente is die aanspreek van geslagsgapings in ekonomiese en opvoedkundige geleenthede, 7de, gevolg deur prysstabiliteit, 24ste. Gebiede wat die algehele telling afbring is inkomsteverspreiding, 120ste, met bestedingsdoeltreffendheid op 118ste, met swak of stagnante gesondheids- en onderwysuitkomste, tesame met ‘n stygende deel van die jeug wat nie werk nie. In terme van werksgeleenthede is die land 117de geplaas. Wat algehele tellings op die vasteland betref, is Namibië 10de in Afrika; met die top drie Mauritius, Rwanda en Botswana. Cirrus het die verslag voorberei.