Vee van N$288 600 by een boer gesteelSeptember 8, 2025

Veediefstal duur onverpoosd voort. Die polisie sê in die naweek misdaadverslag dat in die Shamwimbi-nedersetting in Kavango-Oos is ‘n verdagte in hegtenis geneem ná hy glo oor ‘n tydperk 26 beeste en 77 bokke sonder die medewete van die eienaar in verskillende transaksies verkoop het. Die totale waarde van die gesteelde vee beloop 288 600 Namibiese dollar.