NBC en Speaker skik oor stakingverslag September 9, 2025

‘n Skikking is bereik in die saak waar die nasionale uitsaaier, die NBC, die Speaker en ander respondente gedagvaar het rakende die verwoestende 2021 staking deur die werkers. Die verslag het bevind die staking was die gevolg van die betaling van 5,4 miljoen Namibiese dollar in uitvoerende bonusse, terwyl werknemers se eise vir salarisverhogings geïgnoreer is. Die partye het geskik en die verslag deur die relevante staande komitee is van die hand gewys. Die NBC het aangevoer die Februarie 2025 verslag is onakkuraat en het versuim om die uitsaaier se omvattende vertoë oor die saak te oorweeg. Die ooreenkoms sal vandag na verwagting deur regter Hannelie Prinsloo bekragtig word.