Owerheid keelvol vir hommeltuig-oortredingsSeptember 9, 2025

Die Namibiese Burgerlugvaartowerheid spreek kommer uit oor ‘n toename in roekelose gebruik van hommeltuie regoor die land. Die owerheid sê hommeltuigoperateurs vlieg gevaarlik naby lughawens, militêre sones en selfs private huise. Die owerheid se woordvoerder Nelson Ashipala sê die owerheid is keelvol en waarsku dat streng stappe teen oortreders geneem sal word.