Olie styg na Israel se aanval in DohaSeptember 10, 2025
Oliepryse het vanoggend gestyg nadat Israel Hamas-leierskap in Katar aangeval het en ook, na die Amerikaanse president Donald Trump Europa gevra het om tariewe op kopers van Russiese olie te hef. Brent verhandel tans net onder 67 Amerikaanse dollar ‘n vat na ‘n styging, tot dusver, van 0,63 persent. Die toekoms is onseker nadat Katar gesê die aanval dreig om vredesgesprekke tussen Hamas en Israel te ontspoor. Die olieprysreaksie is as relatief beperk beskou as gevolg van algehele markswakheid. Brent het kort na die aanval met byna 2 persent gestyg, maar toe teruggeval.