GNU verwelkom 0,8% groei in tweede kwartaal September 10, 2025

Die regering verwelkom Statistiek Suid-Afrika se jongste ekonomiese syfers wat aandui die land se bruto binnelandse produk het in die tweede kwartaal vanjaar met 0,8-persent gegroei. Dit volg na ʼn skamele 0,1-persent groei in die eerste kwartaal. Vervaardiging, mynbou en handel het groei aan die ekonomie se voorsieningskant gelei. Die regering sê hierdie syfers toon die land se ekonomiese veerkragtigheid te midde van uitdagende ekonomiese toestande wêreldwyd. Hy voeg by hy bly verbind tot beleide wat inklusiewe en volhoubare ekonomiese ontwikkeling bevorder.