Namibië wen weer Africa Aquatics Sone 4-kampioenskappeSeptember 10, 2025
Namibië se swemmers het vir die derde agtereenvolgende jaar die Africa Aquatics Sone 4-kampioenskappe wat in in Manzini, Eswatini gehou is, gewen. Die span het tweede gekom na Suid-Afrika in die oop-water kompetisie. Suid -Afrika het meer medaljes as Namibië verower, maar Namibië het die punte-totaal gewen wat gebruik word om die wenner te bepaal. Namibië het 2 254,50 punte ingesamel, gevolg deur Suid-Afrika op 2 021 en Zimbabwe op 1 703. Namibië het ook 83 medaljes gewen, waarvan 27 goud was, 27 silwer en 29 brons. Suid-Afrika het ‘n totaal van 113 medaljes gewen en Madagaskar was derde met 28 medaljes. Altesaam 12 Suider-Afrikaanse lande het deelgeneem.