Drie hofsake teen verskeie Namcor-verdagtes se besighedeSeptember 11, 2025
Daar is verskeie sake op die hofrol vanoggend wat Namcor-verdagtes betrek. Die Ontwikkelingsbank eis amper 28,9 miljoen Namibiese dollar by Enercon, nou bekend oor sy beweerde rol in die Namcor-bedrogspul, rakende twee lenings wat in 2011 en 2015 aangegaan is met die tweede lening wat twee keer geherstruktureer is. Die saak, wat verdedig word, kom vandag vir saakbeplanning voor regter Thomas Masuku voor. Dan dagvaar Engen nog ‘n Namcor-verdagte, Victor Malindi se Eco Fuel Investments vir 5,4 miljoen dollar en uitspraak word vandag deur regter Orben Sibeya verwag. Ook op die rol, sal Puma Energy se saak van amper 1 miljoen dollar teen Austin Malindi se Erongo Petroleum vandag van die rol geskrap word.