Planne vir nywerheidsinstituut vorder goed, sê MnyupeSeptember 11, 2025

Planne om Namibië se Afrika Volhoubare Industrialiseringsinstituut te loods, vorder goed. James Mnyupe, hoof van die Groenwaterstofprogram, het tydens die eerste Globale Afrika-waterstofberaad in Windhoek gesê die sentrum sal Namibië posisioneer as ‘n spilpunt op die vasteland vir kennisdeling en volhoubare industriële groei, met sterk steun van die Verenigde Nasies en groeiende belangstelling van lande soos Kenia en Botswana.