Rugby: All Blacks maak ses skuiwe in span teen BokkeSeptember 11, 2025
Nieu-Seeland se afrigter, Scott Robertson, het ses veranderinge aangebring aan die span wat Saterdag in Wellington in die tweede Rugbykampioenskapstoets teen Suid-Afrika uitdraf. Die nuweling Leroy Carter vervang Rieko Ioane op linkervleuel. Samisoni Taukei’aho staan in vir Codie Taylor, wat weens harsingskudding buite aksie is. Will Jordan verskuif van heelagter na regtervleuel in die plek van die beseerde Emoni Narawa. Noah Hotham en Tyrel Lomax is terug in die opdrafspan en Brodie McAlister is reserwe.