Trump blameer ‘radikale linkses’ na Kirk-sluipmoordSeptember 11, 2025
Die president van Amerika blameer die “radikale linkses” nadat sy bondgenoot Charlie Kirk doodgeskiet is in wat Trump as ‘n “gruwelike sluipmoord” beskryf. Trump sê in ‘n aanlyn video uit die Oval Office Kirk was ‘n patriot wat sy lewe aan die beginsel van oop debat gewy het. Hy sê die radikale linkses vergelyk reeds jare lank Amerikaners soos Kirk met Nazi’s en die wêreld se ergste massamoordenaars. Die polisie het nog nie ‘n verdagte aangekeer nie en die motief vir die moord is onbekend.