Khomas-sone teken laagste inflasie aan in AugustusSeptember 11, 2025
Die Namibiese Statistieke-agentskap sê Augustus se inflasie was op 3,2 persent. In sy verslag sê hy sone 1, of die noordelike dele, het die hoogste sonale inflasie ervaar op 3,6 persent. In sone 3, of die Suide saam met Omaheke en Erongo, was dit 3,2 persent en Khomas, sone 2, het die laagste inflasie gehad op 2,9 persent. Appels was die duurste in sone 2, en die goedkoopste in sone 1. Wit broodmeel was ook die duurste in sone 2, en die goedkoopste in sone 3.