Geen einde aan groot brand by FransfonteinSeptember 11, 2025
Die verwoestende brand naby Fransfontein in die Kunene-streek brand nou al meer as ‘n week, met geen einde in sig nie. Plaaseienaar Sabine Hoppe-Speer sê byna elke plaas in die gebied is getref, en die bergagtige terrein maak brandbestryding byna onmoontlik. Sy het gesê die brand brand steeds op ten minste drie plekke en is waarskynlik veroorsaak deur kinders wat met vuur speel of opsetlike grasbrand op gemeenskaplike plase. Kosmos 94.1 Nuus het met haar gesels.
Ten spyte van wydverspreide skade as gevolg van die brand, sê Hoppe-Speer dat geen groot diere- of veeverliese aangemeld is nie.