NamPol-verdagtes nie betrokke by wapensmokkel met SA bendesSeptember 12, 2025
Die hoof van die Namibiese polisie, luitenant-general Joseph Shikongo, sê polisiebeamptes wat van vuurwapendiefstal aangekla is, hou nie verband met Suid-Afrikaanse mediaberigte wat beweer Namibiese wapens word aan bendes in die Wes-Kaap verkoop nie. Die saak teen die ses polisiebeamptes en twee siviele werknemers van NamPol is nie nuut nie, sê Shikongo. Die verdagtes is reeds in 2022 in hegtenis geneem, het in die hof verskyn en is vry op borg. NamPol neem die bewerings in die Suid-Afrikaanse media egter ernstig op en werk nou saam met die polisie in die buurland rakende die kwessie, sê Shikongo.