Rugby: Stormers bestorm Haaie vanaandSeptember 12, 2025
Die groter Stormers-groep begin hulle voorseisoenkamp vandag met ‘n vriendskaplike wedstryd teen die Haaie in George. Die span kom sesuur vanaand op Outenikwa-park teen die Durbaniete te staan. Die groep van 28 sal die grootste deel van die week in die Suid-Kaap deurbring voor die fokus verskuif na hulle eerste Verenigde Rugbykampioenskapskragmeting met die verdedigende kampioen, Leinster, in Kaapstad op Vrydag, 26 September.