Meer as N$1 miljard vir suuraanleg op WalvisSeptember 12, 2025

Die Britse maatskappy Green Metals Refining beplan om 59 miljoen Amerikaanse dollar – meer as ‘n miljard Namibiese dollar – in die eerste fase van ‘n swawelsuur-aanleg by Walvisbaai te belê. Die aanleg sal by die maatskappy se beplande mangaan-aanleg op die kusdorp wees. Beide aanlegte sal na verwagting teen die einde van 2027 voltooi wees.