DA verwerp Mashatile se verdediging van BEESeptember 13, 2025
Die DA sê swart ekonomiese bemagtiging het die meeste Suid-Afrikaners benadeel terwyl ‘n klein elite-groep wat aan die ANC-verbind is hulself verryk het. Die party kritiseer adjunkpresident Paul Mashatile dat hy SEB verdedig aangesien dit beleggings keer, ongelykheid vererger, en hardwerkende entrepreneurs van geleenthede ontneem. Baxolile Nodada van die DA sê die party wil ‘n ‘n nuwe stelsel bekendstel wat arm en hardwerkende mense sal help, met die fokus op armoede, poste, onderwys en gesondheid, en nie politieke bande nie.