Unam, Wanderers in stryd vir plek in JSB Rugby Gold Cup-eindstrydSeptember 13, 2025
Unam en Wanderers sal mekaar om kwart voor vier vanmiddag die stryd aansê vir die laaste plek in die JSB Rugby Gold Cup-eindstryd in die Unam-stadion. Met slegs die top twee spanne op die punteleer wat na die eindstryd deurgaan, het Grootfontein op 25 punte reeds hul plek beklink. Wanderers is op 18 punte en Unam op 16. Grootfontein was veronderstel om gasheer te speel vir United, maar het die maksimum punte ingesamel nadat United die wedstryd vrywillig verbeur het. Kudus, wat vierde is op 13 punte, reis na Rehoboth om sake teen Rehoboth Rugbyklub uit te spook.