Coldplay kom toer in ‘iewers’ in Suider-AfrikaSeptember 14, 2025
Coldplay-sanger Chris Martin het tydens die laaste van hul 10 vertonings op die Wembley-stadion in Londen, van die verhoog af belowe dat die toer oor omtrent 18 maande “êrens in Suider-Afrika” hervat sal word. Coldplay se Music Of The Spheres-toer, wat sedert 2022 vier keer om die wêreld gereis het, is nou die toer met die hoogste bywoning in die geskiedenis. Meer as 12 miljoen kaartjies is verkoop.