Capricorn belê miljoene in maatskaplike projekteSeptember 14, 2025
Plaaslik-genoteerde Capricorn Group het in sy afgelope boekjaar 26,7 miljoen Namibiese dollar aan korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid bestee. Sedert sy ontstaan in 2020, het die Capricorn-stigting meer as 100 maatskaplike projekte en programme ondersteun. Dit sluit in voedselsekuriteit, onderwys, jeugwerkloosheid en sport. Die voorsitter van die Capricorn Group, Gerhard Fourie, sê die stigting het ‘n betroubare vennoot in die opheffing van die gemeenskap geword.