Stelsels belemmer bestuur van ramprisikoSeptember 14, 2025
Beperkte of gefragmenteerde vroeë-waarskuwingstelsels belemmer die regering se pogings om ramprisiko in die land te verlaag, sê die Kantoor van die Eerste Minister in sy nuwe strategiese plan tot 2030. Die kantoor beplan om ‘n nasionale bedryfsentrum vir nood te vestig. Dit sal onder meer oorbodige en verwarrende gesentraliseerde koördineringspogings beperk, kommunikasie en inligtingsvloei verbeter, asook vinnige en doeltreffende optrede verseker.