MK kwaad oor minder geld vir sportliggameSeptember 14, 2025

Die MK-party het die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, se roekelose besnoeiing van fondse aan die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee veroordeel. Die MK-party se woordvoerder, Nhlamulo Ndhlela, sê McKenzie saboteer grondwetlike ontwikkeling en verpligtinge en die drome van gewone Suid-Afrikaners. Hy sê die MK-party eis ‘n onmiddellike ondersoek deur die Gesamentlike Komitee oor Etiek en Ledebelange na McKenzie se optrede.