Michelle McLean helder Times Square opSeptember 15, 2025
Die Namibiese sakevrou en voormalige Mej. Heelal, Michelle McLean, pryk opnuut lewensgroot op die Nasdaq-advertensiebord in Times Square in New York ná die International Association of Top Professionals (IAOTP) haar as die Top Global Business Woman of the Year in Tourism & Investment aangewys het. McLean sê sy is trots op Namibië op die internasionale verhoog te verteenwoordig.