Krieket: Reën verhoed T20 tussen SA, EngelandSeptember 15, 2025

Sondag se beslissende T20 tussen Suid-Afrika en Engeland by Trent Bridge is weens reën afgestel sonder dat ʼn enkele bal geboul is. Die Proteas het die aanvangswedstryd in Cardiff wat weens reën verkort is, met 14 lopies gewen, waarna Harry Brook se span sake by Old Trafford gelykop gemaak het met ʼn rekord-sege van 146 lopies. Die Suid-Afrikaanse groep maak nou gereed vir die plaaslike seisoen, asook ʼn multi-formaat-toer na Pakistan in Oktober. Hulle sal hul Wêreldtoetskampioenskapstitel in twee toetse verdedig.