CCF ent 10 000 honde, katte in teen hondsdolheidSeptember 15, 2025
Die Jagluiperdbewaringsfonds (CCF) se mobiele-uitreikprogram in die Waterberg-omgewing, wat in 2019 van stapel gestuur is, het reeds 10 000 honde en katte teen hondsdolheid ingeënt. Die veldtog baat gemeenskappe wat nie vrylik tot veerartsdienste toegang het nie en waar die oordrag tussen mens, troeteldier en wild groot is. Die veldtog is deel van ‘n wêreldwye inisiatief, “Zero by 30”, wat poog om alle menslike sterftes aan hondsdolheid teen 2030 uit te wis.