Namibiese media van die vryste ter wêreldSeptember 15, 2025

Namibië se media geniet, naas dié in Suid-Afrika, die meeste vryheid in Afrika, toon ‘n nuwe verslag van Reporters Without Borders. Namibië tel voorts onder die top-30 lande wêreldwyd wat mediavryheid betref. In Reporters Without Borders se 2025-indeks beklee die land die 28ste plek uit 180 lande wêrelwyd, net ná Suid-Afrika in die 27ste posisie. In skrille kontras hiermee, het mediavryheid in die meeste ander lande in Afrika kommerwekkend verswak, luuidens die verslag.