81-jarige vrou in hof oor amper N$100 000 se sigaretteSeptember 15, 2025
‘n 81-jarige pensionaris, Rusia Ugwanga, het vanoggend in die Usakos landdroshof verskyn op ‘n klag van onwettige besit van tabakprodukte. Sy is Sondagaand naby die Bistro Restaurant op die B2-pad in ‘n roetine polisie-patrollie gestop en die wit Quantum waarin sy gereis het is deursoek. Die polisie het 2 495 pakkies Yes-sigarette in sakke verpak gevind, met ‘n geraamde waarde van 99 800 Namibiese dollar. Die voertuig met ‘n Swakopmund registrasienommer gehad was op pad na Hentiesbaai vanaf Oshakati. Ugwanga is borgtog van 5 000 dollar toegestaan en die saak is uitgestel tot 10 November.