Nuwe spelers in November-verkiesingsSeptember 16, 2025
Die Verkiesingskommissie van Namibië sê vier nuwe organisasies en verenigings het vir die streeks- en plaaslike verkiesings in November geregistreer. Hulle is die Association for Localised Interest in Swakopmund, die Walvis Bay Community Association, die Outjo Residents Association en die Grootfontein Rates and Taxpayers Association. Ingevolge die wet kan die publiek en ander geregistreerde organisasies of verenigings tot 11 Oktober beswaar aanteken teen dié nuwe registrasies.