Atletiek: SA se Tshite in eindronde vir 1 500 m in TokioSeptember 16, 2025

Tshepo Tshite is deur na die mans se 1 500 m-eindronde by die Wêreldkampioenskap in Tokio. Hy is die eerste Suid-Afrikaner wat dit kon regkry sedert Moskou 2013, toe Johan Cronje die brons verower het. Marioné Fourie is uitgeskakel in die vroue 100 meter hekkie-halfeindronde. In die mans 110 meter hekkies kon drie Suid-Afrikaners, John Adesola, Mondray Barnard en Antonio Alkana, nie verby die eerste ronde vorder nie. In die vroue-paalspring-kwalifiseringsronde kon Miré Reinstorf en haar manlike spanmaat, Kyle Rademeyer, asook die hoogspringer Brian Raats, nie een keer oor die dwarslat seil nie.