Depressie, angs teister Kavango-OosSeptember 16, 2025
Kavango-Oos gaan gebuk onder geestesgesondheidskrisis met bykans 4 500 gevalle wat in die 2023/24-begrotingsjaar aangemeld is. ‘n Senior maatskaplike werker in die ministerie, Agnes Rengi, beskryf die syfers as kommerwekkend en sê dit weerspieël ‘n styging in gevalle van onder meer depressie, angs en trauma-verwante diagnoses. Die toenemende afwesigheid van ‘n vaderfiguur in huishoudings speel ook ‘n rol, sê Rengi.