Vrouerugby: Franse flank geskors ná sy bytSeptember 16, 2025
Die Franse flank, Axelle Berthoumieu, is vir 12 wedstryde geskors na sy ‘n Ierse opponent, Aiofe Wafer, tydens Sondag se Vrouewêreldbeker-kwarteindstryd in Exeter, Engeland gebyt het. Die 25-jarige het erken sy het ‘n rooikaart-oortreding begaan, maar gaan teen die lengte van die verbod appelleer. Die skorsing beteken Berthoumieu is vir die res van die Wêreldbeker, insluitend Saterdag se halfeindstryd teen Engeland, uit, en vir tien wedstryde tot Maart 2026. Haar appèl word vandag aangehoor.