Cosatu bang twis tussen ANC, SAKP verdeel werkersSeptember 16, 2025
Die president van die Suid-Afrikaanse Vakbondfederasie, Zingiswa Losi, waarsku teen onenigheid binne die alliansie en doen ‘n beroep op die ANC en SAKP om nie ‘n wig tussen werkers in te dryf nie. Die SAKP het besluit as ‘n onafhanklike party aan die 2026 plaaslike verkiesing deel te neem en voer as redes aan die ANC se mislukking en weiering om die alliansie in meer as 20 jaar te hervorm. Losi het by Cosatu se sentrale komiteevergadering in Benoni die ANC en die SAKP aangemoedig om hulle probleme op te los: